ONS CAMINO|KOMMENTAAR|ANDER PUBLIKASIES|RESENSIES|BESTELVORM
WAT SÊ RESENSENTE VAN DUINESTORIES EN PERDEKOMBERS
Yolandi Groenewald, Mail and Guardian Online, Junie 2007
"Some of the best tales told in Afrikaans are fishing and hunting stories. In Die Perdekombers en ander stories uit die Jagveld (Human en Rosseau), Pienkes du Plessis has written some classics straight from the bush. The book bills itself as providing unadorned stories with earthly humour and inextinguishable enjoyment of life, and it certainly delivers on it. It first appeared in 1996 as Duinestories and is basically a reprint of that book with eight new stories added. The collection is quite addictive and even though your first thought might be just to skim a story or two, you end up losing yourself in the varying adventures of the characters."
André P. Brink, Die Burger, Mei 2007
"Enigiemand wat die lag liefhet, moet hierdie boek beproef."
Jaybee Roux, Beeld, Mei 2007
"Jy sit langs Pienkes du Plessis om die kampvuur en luister oopbek na wat hy vertel. Jy was laas so meegevoer toe die biblioteekjuffrou die eerste keer vir jou en die ander Sub A’s voorgelees het uit Sneeuwitjie en die Die Drie Beertjies. As jy ’n vrou is wat jou nie sal laat oorhaal om ’n boek oor ’n spul vrolike, soms aangeklamde ooms te lees nie, koop dit vir jou man nadat jy sy kar gestamp of sy kredietkaartrekening geplunder het. ’n Boek soos hierdie kan huwelike red."
JC Kannemeyer, Die Afrikaanse literatuur 1652 – 2004, bl 570
"Pienkes du Plessis se Duinestories – boeiende jagverhale met ’n geestige, aardse inslag."
André P. Brink, Klasgids, November 1997
"Hier is ’n baasverteller aan die woord. Heerlike, onopgesmukte stories met aardse humor en ’n onblusbare lewensgenot."
PM van der Spuy, Attorney at Law, Virginia, USA. April 1997
"Thank you so much for your Duinestories. It arrived on Friday and I read it that same night. The humour bubbles like good champagne, and whilst reading one sees, hears and lives with the characters. In fact for several days I walked in their shadows and felt one or other of them would call me from across the street. Congratulations! This must be a classic."
Ben Pretorius, Lekkerlees-Keuse in Beeld, Desember 1997
"Du Plessis vertel sy storie, ’n jagstorie, met ’n droë, fyn sin vir humor met so ’n geselserige kleur en geur dat jy jouself kan beginne verbeel jy was self deel van die ekspedisie. Soos hy met die intrapslag met ’n deurmekaarsin sê: “Dis as ek pap eet Saterdaes met brekfis soms dat ek skielik onthou van die eerste duine lankal terug en van die groot lekkerte daarmee saam.” En eintlik op net so ’n môre begin sy storie van die duine."
Lucas Potgieter, Landbouweekblad, Februarie 1997
"Ai, maar dis ’n lekkerleesboek. Dit gaan nie soseer oor gewere en kalibers en trofeelengtes en sagte grootpraat soos in die gewone jagboeke nie. O nee, dit gaan oor gewone jagters en belangrike mense en oor baie snaakse goed wat gebeur wanneer hulle die duinewêreld besoek. In baie jare het ek min oor die jagveld gelees wat my soveel lekkerkry verskaf het."
Albert Crafford, Rapport, Februarie 1997
"Duinestories is vir die manne met die kanne by die braaivleisvure, en Pienkes self vertel met lus en lekkerte."
Hennie van Coller, Volksblad, Maart 1997
"Selde het Afrikaans so natuurlik op die oor kom val – dis asof jy saam om die vuur sit en sopbene kou en luister. Ek kan nie dink aan ’n beter kersgeskenk vir die jagter in jou lewe nie."